Pleks Van Plaas (Afrikaans, Paperback)


Jerzy Koch, vertaler, digter, akademikus, is hoof van die Afdeling Nederlandse en Suid-Afrikaanse Studies by die Fakulteit Engels van A. Mickiewicz-Universiteit in Poznań. Hy doseer veral Nederlandse literatuur, koloniale literatuur en Afrikaans. Hy is ook die skrywer van ’n omvattende literatuurgeskiedenis oor Afrikaans. Hy besoek Suid-Afrika gereeld sedert 1992 en het die Afrikaanse taal sodanig sy eie gemaak dat hy dit vlot praat en gedigte daarin skryf.

Hy het werke vertaal van H. Claus, J. Bernlef, H. de Coninck, S. Hertmans, G. Kouwenaar, Lucebert, H. Mulisch, Multatuli, L. Nolens, P. Rodenko, F. Timmermans e.a. Vir sy vertaal-oeuvre het hy in die Lae Lande die M. Nijhoff-prys ontvang. Hy het ook Ingrid Jonker (1993) vertaal en sy onlangse vertalings in Poolse is bloemlesings uit Antjie Krog (2017) en Breyten Breytenbach (2018) se gedigte.

In sy digbundel Pleks van plaas skryf hy onder meer oor sy familiegeskiedenis in Pole, maar die grootste deel van die bundel word in beslag geneem deur verse oor Suid-Afrika. Indrukwekkend is veral die seegedigte. Dit is nie net die branders wat sy “oor vang en oorrompel” nie, maar ook die Afrikaanse taal.


R188
List Price R240
Save R52 22%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles1880
Delivery AdviceShips in 5 - 10 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Jerzy Koch, vertaler, digter, akademikus, is hoof van die Afdeling Nederlandse en Suid-Afrikaanse Studies by die Fakulteit Engels van A. Mickiewicz-Universiteit in Poznań. Hy doseer veral Nederlandse literatuur, koloniale literatuur en Afrikaans. Hy is ook die skrywer van ’n omvattende literatuurgeskiedenis oor Afrikaans. Hy besoek Suid-Afrika gereeld sedert 1992 en het die Afrikaanse taal sodanig sy eie gemaak dat hy dit vlot praat en gedigte daarin skryf.

Hy het werke vertaal van H. Claus, J. Bernlef, H. de Coninck, S. Hertmans, G. Kouwenaar, Lucebert, H. Mulisch, Multatuli, L. Nolens, P. Rodenko, F. Timmermans e.a. Vir sy vertaal-oeuvre het hy in die Lae Lande die M. Nijhoff-prys ontvang. Hy het ook Ingrid Jonker (1993) vertaal en sy onlangse vertalings in Poolse is bloemlesings uit Antjie Krog (2017) en Breyten Breytenbach (2018) se gedigte.

In sy digbundel Pleks van plaas skryf hy onder meer oor sy familiegeskiedenis in Pole, maar die grootste deel van die bundel word in beslag geneem deur verse oor Suid-Afrika. Indrukwekkend is veral die seegedigte. Dit is nie net die branders wat sy “oor vang en oorrompel” nie, maar ook die Afrikaanse taal.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Naledi

Release date

May 2020

Availability

Expected to ship within 5 - 10 working days

Authors

Dimensions

213 x 137 x 5mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

66

ISBN-13

978-1-928518-36-5

Barcode

9781928518365

Languages

value

Categories

LSN

1-928518-36-2



Trending On Loot