HAT Handewoordeboek Van Die Afrikaanse Taal (Afrikaans, Hardcover, 6de Uitgawe)


Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (alom bekend as “die HAT”) is Afrikaans se bekendste woordeboek.

Die eerste uitgawe van die HAT het in 1965 verskyn en in 2015 vier die HAT sy goue jubileum. Dié omvattend herbewerkte, stewig uitgebreide sesde uitgawe is die resultaat van die grondigste hersiening van die woordeboek sedert die verskyning van die derde uitgawe in 1993. Geen Afrikaanse woordeboek bied ’n akkurater beeld van eietydse Afrikaans nie.

Meer as:

  • 90 000 woorde, idiome en uitdrukkings+
  • 120 000 betekenisse, eenvoudig verklaar
  • 80 000 voorbeeldsinne en -frases
  • 10 000 etimologieë
  • 3 000 afkortings
  • 1 600 bladsye
  • 2 miljoen woorde altesaam (25 persent meer as in die vorige uitgawe)

Die onmisbare Afrikaanse woordeboek vir huis en skool, vir werk en studeer, vir woordliefhebbers, woordspeletjie-entoesiaste en woordvrate. Pragtig ontwerp en gedruk.

HAT 6 bou voort op die gesaghebbende tradisie van sy voorgangers. Die nuwe uitgawe is grondig hersien en uitgebrei deur ’n span van Afrikaans se beste woordeboekmakers wat onder andere vier lede insluit van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Taalkommissie.


R476
List Price R540
Save R64 12%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles4760
Free Delivery
Delivery AdviceShips in 5 - 10 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (alom bekend as “die HAT”) is Afrikaans se bekendste woordeboek.

Die eerste uitgawe van die HAT het in 1965 verskyn en in 2015 vier die HAT sy goue jubileum. Dié omvattend herbewerkte, stewig uitgebreide sesde uitgawe is die resultaat van die grondigste hersiening van die woordeboek sedert die verskyning van die derde uitgawe in 1993. Geen Afrikaanse woordeboek bied ’n akkurater beeld van eietydse Afrikaans nie.

Meer as:

  • 90 000 woorde, idiome en uitdrukkings+
  • 120 000 betekenisse, eenvoudig verklaar
  • 80 000 voorbeeldsinne en -frases
  • 10 000 etimologieë
  • 3 000 afkortings
  • 1 600 bladsye
  • 2 miljoen woorde altesaam (25 persent meer as in die vorige uitgawe)

Die onmisbare Afrikaanse woordeboek vir huis en skool, vir werk en studeer, vir woordliefhebbers, woordspeletjie-entoesiaste en woordvrate. Pragtig ontwerp en gedruk.

HAT 6 bou voort op die gesaghebbende tradisie van sy voorgangers. Die nuwe uitgawe is grondig hersien en uitgebrei deur ’n span van Afrikaans se beste woordeboekmakers wat onder andere vier lede insluit van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Taalkommissie.

Customer Reviews

Average Rating  (4 Customers)




Trending On Loot