Die keer toe ek my naam vergeet het (Paperback)


Die eerste uitgawe van Die keer toe ek my naam vergeet het verskyn in 1995, vyf jaar nadat die skrywer F.A. Venter ’n beroerte gekry het. In hierdie outobiografiese vertelling dokumenteer hy die pynlike en stadige proses van herstel: hy moet weer leer loop, leer praat, leer skryf. Dit is verder ’n verhaal oor die verhouding tussen Venter en sy geliefde vrou, Stella. In Die Afrikaanse literatuur 1652–2004 beskryf J.C. Kannemeyer Die keer toe ek my naam vergeet het as een van Venter se “belangrikste bydraes tot die Afrikaanse prosa”: “Die aangrypende verhaal van ouderdom en lyding, maar ook van ’n mooi huwelik en toegewyde liefde, is terselfdertyd ’n getuienis van die onblusbare gees van die skeppende mens wat, ten spyte van alle teenspoed, kan voortgaan met die werk waarvoor hy hier op aarde geplaas is.” Op ’n eerlike en roerende wyse, en met ’n tikkie humor, raak Venter die universele, tydlose temas van siekte, oudword en die dood aan. Uiteindelik is dit ’n verhaal van aanvaarding: “Ek het baie verloor – die kosbaarste. Maar ek het ook geleer om te verduur. Te aanvaar. Tevrede te wees. Anders sou dit ondraaglik wees.”

R239
List Price R250

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles2390
Delivery AdviceShips in 4 - 8 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Die eerste uitgawe van Die keer toe ek my naam vergeet het verskyn in 1995, vyf jaar nadat die skrywer F.A. Venter ’n beroerte gekry het. In hierdie outobiografiese vertelling dokumenteer hy die pynlike en stadige proses van herstel: hy moet weer leer loop, leer praat, leer skryf. Dit is verder ’n verhaal oor die verhouding tussen Venter en sy geliefde vrou, Stella. In Die Afrikaanse literatuur 1652–2004 beskryf J.C. Kannemeyer Die keer toe ek my naam vergeet het as een van Venter se “belangrikste bydraes tot die Afrikaanse prosa”: “Die aangrypende verhaal van ouderdom en lyding, maar ook van ’n mooi huwelik en toegewyde liefde, is terselfdertyd ’n getuienis van die onblusbare gees van die skeppende mens wat, ten spyte van alle teenspoed, kan voortgaan met die werk waarvoor hy hier op aarde geplaas is.” Op ’n eerlike en roerende wyse, en met ’n tikkie humor, raak Venter die universele, tydlose temas van siekte, oudword en die dood aan. Uiteindelik is dit ’n verhaal van aanvaarding: “Ek het baie verloor – die kosbaarste. Maar ek het ook geleer om te verduur. Te aanvaar. Tevrede te wees. Anders sou dit ondraaglik wees.”

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Protea Boekhuis

Country of origin

South Africa

Release date

April 2018

Availability

Expected to ship within 4 - 8 working days

Authors

Dimensions

213 x 137 x 10mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

168

ISBN-13

978-1-4853-0803-4

Barcode

9781485308034

Categories

LSN

1-4853-0803-8



Trending On Loot